WAAR LEWENSKWALITEIT SAAKMAAK SAAKMAAK Gee jou geliefdes die kwaliteitsorg wat jy kan vertrou Deurlopende deernisvolle sorg SORG Rusoord
Centurion
Rusoord
Centurion
Want ons gee om Toegewyd aan kwaliteit persoonlike sorg Kontak ons nou

Toegewyd aan mense, Toegewyd aan waardigheid

In die palm van die ou Lyttelton, lê ons gebou, ons fasiliteit. Ons het ‘n naam wat ‘n kykie gee in wat ons doen – RUSOORD – ‘n plek van rus, vrede, liefdevolle versorging, warmte en omgee vir al ons inwoners en hulle families. Hier kom jy tuis in ‘n tyd van jou lewe waar jy tyd het vir jouself, tyd om te herkou oor jou lewe, maar ook ‘n tyd waarin jy mense om jou nodig het wat werklik die bejaarde persoon en sy behoeftes verstaan.

Jy sal jou mede-Rusoord inwoners leer ken en liefkry, maar ook sal jy en jou kinders die berusting hê dat jy vir 24 uur, dag-in en dag-uit, goed versorg word.

As jy meer wil weet oor RUSOORD se geskiedenis, of wil weet hoe om aansoek te doen om ‘n inwoner te word, of ons besondere span wil ontmoet, klik op die gepaste skakel hierbo.

Sien uit om jou te leer ken!

Dit is met groot hartseer wat ek hierdie briefie skryf. Graag wil ek Rusoord bedank dat hulle so mooi na my ma omgesien het die afgelope 3 jaar. My ma, Susan van Dyk, is op 12 November 2021 te Midstream oorlede nadat sy op 8 November 2021 gehospitaliseer is. Rusoord was haar tuiste. Rusoord was haar veilige hawe. Rusoord het vir my ma gedoen wat ons as kinders nie kon doen nie. Julle het my ma versorg. Baie dankie aan Rusoord se bestuur, verpleegkundiges en inwoners wat met deernis, liefde en begrip ‘n tuiste vir ons ma geskep het. Ons mis my ma.

Hanni Jansen

Ek het 14 jaar gelede in Rusoord kom bly toe ek in Bothaville siek geword het. Ek was eers vir een jaar in ‘n hersteloord in Kilnerpark. My kinders het van plek tot plek gesoek. Hulle het besluit Rusoord is die beste. Ek is baie bly dat hulle Rusoord gekies het, want ek word goed versorg en heerlik bederf. Ek kan net baie, baie dankie sê. God is baie lief vir my en ek dank God dat ek hier woon.

Ronnie Kok

RUSOORD - MY NUWE TUISTE
Dit was ‘n maklike keuse om te maak vir versorging vir my Oudag. 13 September 2022 het ek hier in Rusoord in ‘n pragtige kamer kom nes skrop. Ek het dadelik tuis gevoel. Het hulp ontvang om alles gerieflik te maak. Die personeel kan ek met twee woorde uitsonder en dit is LIEFDE EN RESPEK. Ek is baie gelukkig hier en weet dat wat ookal in die toekoms vir my wag ek niks het om te vrees nie. Baie dankie aan almal, elke dag se omgee, julle vriendelike glimlagte en liefde. Bid die HERE se seën op elkeen toe.

Catharina van Wyk