Inligting

Rusoord Centurion versorgingsfasiliteit vir verswakte bejaardes

Tariewe

Tariewe Inligting
Toetreefooi:* R 5 000-00 (betaalbaar is by opname)
* ‘n Eenmalige bedrag wat by opname betaal word; nie terugbetaalbaar nie.

Maandelikse Losies
Selfversorgend:                 R 15 272.00 per persoon
Verswakte versorging:    R 16 515.00

Belangrik

  • Losies is maandeliks vooruitbetaalbaar.
  • Indien ‘n inwoner ná die 15de van die maand inkom, is die helfte van die losies betaalbaar.
  • Indien ‘n inwoner Rusoord verlaat of te sterwe kom vóór of op die 15de van ‘n maand, word die helfte van die maand se losies terugbetaal.
  • Ná die 15de is die volle maand se losies betaalbaar.  Geen pro rata betalings is van toepassing nie.

Wat is ingesluit?

  • 24 uur mediese toesig
  • Drie maaltye per dag
  • Wasgoed
  • Skoonmaak van kamers

Betalingsprosedure

  • Die inwoner se besonderhede en/of debiteurenommer moet met alle betalings gebruik word.
  • Reël asseblief vir direkte bankoordragte of maak gebruik van interne bankoorplasings.
  • Ons verkies om geen kontant op die perseel aan te hou nie.

Aansoekvorms

Aansoeke Inligting
  • Nadat die vorms voltooi is, moet dit by Rusoord ingehandig word.
  • Afskrifte van die identiteitsnommer van die aansoeker, asook familielede wat die kontrak onderteken, moet asseblief ook ingesluit word.
  • Alle bladsye van die vorm moet voltooi word.
  • Kontak ons gerus as u onseker is oor enige inligting op die vorm.

Huishoudelike Reëls

Nuusbriewe