Meer oor ons

Kort Geskiedenis

Ons lewer al sedert Maart 1981 hierdie onmisbare diens aan ons senior burgers.

Doelstellings

Ons wil RUSOORD bedryf en bestuur op ‘n Christelike en verantwoordelike wyse, met ‘n barmhartige houding sodat alle inwoners sal voel dat hulle tuis hoort en op ‘n menswaardige en medies-korrekte manier versorg word.

Ons glo dat RUSOORD so bestuur en bedryf moet word dat daar aan alle relevante wetgewing voldoen moet word.

‘n Holistiese benadering is belangrik en daarom glo ons aan samewerking met ander buite-instansies soos verskeie kerkgroepe en gemeentes, individue met spesialiskennis asook maatskaplike organisasies en staatsdepartemente.

Ons span

Hoofbestuurder: Me Ida du Plessis

Administrasie
Ontvangs en ander admin: Me Verna Misselhorn
Finansies: Me Marianne Jordaan
Huishouding: Mnr Morris Pheme

Mediese personeel word bestuur deur:
Matrone: Me Magda Colkett
Eenheidsbestuurder: Sr Ronel Newman