Raak Betrokke

Voel u nog nie gereed om lid te word nie, maar u wil as vrywilliger u hulp aanbied? Rusoord het u hulp dringend nodig! “ HOE KAN EK HELP?”

  • Help verswaktes om te eet.  
  • Kom gesels en kuier saam met ‘n inwoner. 
  • Kom lees en bid vir die inwoners. 
  • Kom hou huisgodsdiens (elke aand 5 uur). 
  • Begeleiding tydens huisgodsdiens. 
  • Organiseer / help met / ondersteun fondsinsamelingsfunksies. 
  • Borg ‘n inwoner tov versorgingstekorte/toilet benodighede. 
  • Bring artikels vir wit olifant tafel by môremark. 
  • Ondersteun die Snoepie. (Heerlike tuisgebak) 
  • Lewer kommentaar (voorstelle & kritiek) ter verbetering van die diens aan die inwoners. 
  • Bid vir Rusoord se inwoners en personeel.